Klaagliedere 3:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. My vlees en my vel het Hy laat oud word, Hy het my gebeente gebreek.

5. Hy het skuins walle teen my gebou, my omsingel met bitterheid en moeite.

6. Hy het my soos ’n dooie vir ewig in donker plekke laat bly.

7. Hy het my toegemuur sodat ek nie kan ontsnap nie, my ketting swaar gemaak.

8. Alhoewel ek smeek en bid, luister Hy nie na my gebed nie.

9. Hy het my lewenspad met dorings ingekamp, my paaie krom gemaak.

Klaagliedere 3