Klaagliedere 1:19-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Ek het geroep na hulle wat my liefhet, maar hulle het my mislei; my priesters en my oudstes het in die stad gesterf; hulle het kos gesoek om hul lewe te verlig en niks gekry nie.

20. Let op, o יהוה, ek is benoud, my lewe is in die moeilikheid, my binneste het pyn, want ek het ernstig gerebelleer; buitekant verteer die swaard en hulle wat in die huis is, word deur die dood verslind.Yeg 25-39

21. Hulle het gehoor dat ek sug, daar is niemand om te vertroos nie; al my vyande het van my onheil gehoor, hulle is bly dat U dit gedoen het. Verhaas die dag wat U aangekondig het, die vyand sal word soos ek.

22. Laat al hulle boosheid voor U kom; teister hulle soos U my geteister het vir al my oortredinge, want ek sug baie en my verstand, wil en emosie is swak.

Klaagliedere 1