Hoshea 4:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Priesters floreer op die sonde van My volk en rig hulle begeerte na hulle onregverdigheid.

9. Dit sal wees, soos volk, so is priester; so sal Ek hulle straf vir hulle lewenswyse en hom vergeld vir sy dade.

10. Hulle sal eet, maar nie genoeg hê nie; hulle sal hoereer, maar nie vermeerder nie, want hulle het opgehou om na יהוה te luister.

11. Hoerery, wyn en nuwe wyn vat die begrip weg.

Hoshea 4