Hoshea 4:10-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle sal eet, maar nie genoeg hê nie; hulle sal hoereer, maar nie vermeerder nie, want hulle het opgehou om na יהוה te luister.

11. Hoerery, wyn en nuwe wyn vat die begrip weg.

12. My volk raadpleeg hulle eie verbeelding en hulle staf gee vir hulle aanwysings, want ’n gees van hoerery het hulle verlei en hulle het weggedraai van hul God af.

13. Hulle offer offers op die toppe van die berge en brand wierook op die heuwels, onder die eike, populiere en terpentynbome omdat hulle skaduwee aangenaam is; so pleeg julle dogters hoerery en julle bruide pleeg owerspel.

Hoshea 4