Hoshea 14:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. (14:5) Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle vrylik liefhê, want My woede het van hulle af weggedraai.

5. (14:6) Ek sal vir Yisra’el wees soos die dou; hy sal bloei soos die lelie en hy sal wortelskiet soos die L’vanon.

6. (14:7) Sy lote sal uitgroei en sy prag sal wees soos die olyfboom en sy geur soos die L’vanon.

7. (14:8) Die wat in Sy skaduwee leef, sal weer koring groei en hulle sal bloei soos die wingerdstok. Sy bekendheid sal wees soos die wyn van L’vanon.

8. (14:9) O Efrayim, wat het Ek nog met afgode te doen? Dit is Ek wat antwoord en na jou kyk. Ek is soos ’n weelderige Sipres; van My af kom jou vrug.

9. (14:10) Wie ook al wys is, laat hom hierdie dinge verstaan; wie ook al onderskeiding het, laat hom dit ken! Want die lewenswyse van יהוה is reg en die onpartydige en opregte sal daarin loop, maar die oortreders sal daarin struikel!

Hoshea 14