Handelinge 9:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul, wat steeds dreigemente en moord geblaas het teen die studentevolgelinge van ons Meester,

2. het van die hoofpriester briewe gevra aan die bymekaarkomplekke in Dammesek sodat, as hy mense sou kry wat van die Weg was, manne, sowel as vroue, hy hulle vasgebind na Yerushalayim kon bring.

3. Op die pad, naby Dammesek, is hy skielik omring met ’n helder lig vanuit die hemel.

4. Hy val op die grond neer en hoor ’n stem vir hom sê: “Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.”Eks 3:14 “אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, Yeshua van Natzeret, wat jy vervolg.”

5. Hy sê: “Wie is U, my Meester?” Ons Meester antwoord:

6. “Staan op en gaan in die stad in en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”

7. Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.

8. Toe staan Sha’ul van die grond af op en maak sy oë oop, maar hy kon niks sien nie en hulle het hom aan die hand gelei en in Dammesek ingebring.

9. Vir drie dae het hy niks gesien en niks geëet of gedrink nie.

10. Daar was ’n sekere studentevolgeling in Dammesek met die naam van Gananyah en יהוה het vir hom in ’n visioen gesê: “Gananyah!” Hy antwoord: “Dit is ek, my Meester.”

11. Ons Meester sê vir hom: “Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat en doen navraag in die huis van Y’hudah, na ’n man van Tarsus met die naam van Sha’ul, want let op, hy bid.

Handelinge 9