Handelinge 8:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Manne wat vertrou, het Stefanos gevat en begrawe en baie oor hom gerou,

3. maar Sha’ul het die gemeente vervolg en in huise ingegaan en manne en vroue uitgesleep en aan die tronk oorgegee.

4. Díe wat verstrooi is, het reisende die boodskap van God verkondig,

5. maar Filippos het afgegaan na ’n stad van Shomron en aangaande Die Gesalfde Een aan hulle verkondig.

6. Die mense het, soos hulle sy boodskap hoor, geluister en was oortuig van wat hy sê omdat hulle die wondertekens gesien het wat hy doen,

7. want uit baie van die wat onrein geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ’n harde stem geskree het en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword

8. en daar was groot blydskap in daardie stad.

9. ’n Sekere man, met die naam van Shim’on, het vóór dit, in die stad die mense van Shomron mislei met towery en beweer dat hy ‘Die groot god’ is.

10. Almal, van klein tot groot, het tot hom gebid en gesê: “Hy is die groot krag van God.”

Handelinge 8