Handelinge 7:30-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Nadat veertig jaar verloop het, het die Engel van יהוה aan hom verskyn in die wildernis by die berg Sinai, in die vlamme van ’n brandende bos.

31. Moshe het dit gesien en hom oor die gesig verwonder en toe hy nader gaan om dit te ondersoek, het die stem van יהוה vir hom gesê:

32. ‘אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die God van jou vaders, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov,’ maar Moshe het bang geword en nie gewaag om te kyk na die verskynsel nie.

33. יהוה sê vir hom: ‘Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is afgesonderde grond.Eks 3:1-10

34. Ek het gekyk en die mishandeling van My volk wat in Mitzrayim is, gesien en hulle gekerm gehoor en afgekom om hulle te bevry en nou, kom hier, Ek sal jou na Mitzrayim toe stuur.’

35. Hierdie Moshe wat hulle verwerp het deur te sê: ‘Wie het jou aangestel as ’n heerser en regter?’ hóm het God as heerser en bevryder gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die struik.

36. Dit is hy wat hulle uitgelei en tekens, wonderwerke en magtige dade in Mitzrayim, die Rietsee en veertig jaar lank in die wildernis gedoen het.Deut 18:15

37. Dit is dié Moshe wat aan die kinders van Yisra’el gesê het: ‘יהוה, julle God, sal vir julle ’n profeet, wat net soos ek is, vanuit julle broers verwek; julle moet Hom gehoorsaam.’

38. Dit is hy wat in die byeenkoms in die wildernis saam met die boodskapper was, wat met hom op die berg Sinai gepraat het en saam met ons vaders was. Hy het die lewende Woorde van God ontvang om aan ons te gee.

39. Ons vaders wou Hom nie gehoorsaam nie, maar hulle het hom verwerp en met hulle verstand, wil en emosie na Mitzrayim toe teruggedraaiEks 32:1, 23

40. toe hulle vir Aharon gesê het: ‘Maak vir ons gode wat voor ons uit sal gaan, want ons weet nie wat van hierdie Moshe, wat ons uit Mitzrayim uitgelei het, geword het nie.’

41. Hulle het in daardie dae ’n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld ’n offer gebring en hulle in die werke van hulle hande verheug,Yir 19:13 soos geskrywe is in die boekrol van die profete: ‘Huis van Yisra’el, dit is nie vir My dat julle slagoffers en offers gebring het gedurende veertig jaar in die wildernis nie!

Handelinge 7