Handelinge 7:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Moshe is opgelei in al die wysheid van die Mitzrayiete en was voorbereid in redevoering en in dade

23. en nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy gedagtes, wil en emosie opgekom om sy broers, die kinders van Yisra’el, te besoek.

24. Toe hy sien dat een uit sy stam verkeerd behandel word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel is, gewreek deur die man van Mitzrayim dood te maak.

25. Hy het gedink dat sy broers, die kinders van Yisra’el, sou verstaan dat God hulle deur sý hand bevryding sou gee, maar hulle het dit nie verstaan nie

26. en ’n ander dag het hy by hulle aangekom terwyl hulle besig was om onderling te baklei en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: ‘Manne, julle is broers, waarom behandel julle mekaar verkeerd?’

27. Hy wat sy naaste verkeerd behandel het, het hom weggestamp en gesê: ‘Wie het jou as leier en regter oor ons aangestel?Eks 2:14

28. Wil jy my ook doodmaak soos jy gister die Mitzrayiet doodgemaak het?’Eks 2:22; Eks 18:3-4

29. Moshe het op hierdie woord gevlug en ’n vreemdeling geword in die land van Midyan, waar hy twee seuns gehad het.

30. Nadat veertig jaar verloop het, het die Engel van יהוה aan hom verskyn in die wildernis by die berg Sinai, in die vlamme van ’n brandende bos.

31. Moshe het dit gesien en hom oor die gesig verwonder en toe hy nader gaan om dit te ondersoek, het die stem van יהוה vir hom gesê:

32. ‘אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die God van jou vaders, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov,’ maar Moshe het bang geword en nie gewaag om te kyk na die verskynsel nie.

Handelinge 7