4. Die wat langs hom staan, sê: “Beskuldig jy die priester van God?”Eks 22:28
5. Sha’ul sê: “Ek het nie geweet, broers, dat hy priester is nie, want daar staan geskrywe: ‘Van ’n heerser van jou mense mag jy nie kwaad praat nie’.”
6. Toe Sha’ul besef dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: “Broers, ek is ’n Fariseër, die seun van ’n Fariseër en oor die versekerde verwagting van die opstanding van die wat dood is, word ek geoordeel.”