25. Hy het in ’n brief, wat hy vir hulle wat by hom was, gegee het, as volg geskryf:
26. “Klaudios Lusias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete!
27. Hierdie man is deur die Jode gevang om hom dood te maak en ek het hom met die soldate gehelp en hom gered toe ek verneem dat hy ’n Romein is.
28. Toe ek te wete wou kom wat die aanklag was waarvan hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring
29. en uitgevind dat hy beskuldig word oor strydvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangekla word van iets wat die dood of gevangeskap verdien nie.
30. Omdat aan my gerapporteer is dat daar ’n komplot teen die man gesmee word deur die Jode, het ek hom dadelik na u gestuur en ook sy aanklaers gevra om, wat hulle teen hom het, voor u te bring. Gesondheid!”
31. Daarop het die soldate vir Sha’ul gevat, soos hulle beveel is en hom in die nag na Antipatris gebring.
32. Die volgende dag het die ruiters die voetsoldate teruggestuur kamp toe
33. en hulle het hom afgebring na Kaisareia toe, die brief aan die goewerneur oorhandig en Sha’ul voor hom gebring.
34. Toe die goewerneur die brief lees, vra hy uit watter provinsie hy was en toe hy verneem dat hy uit Kilikia is,
35. sê hy vir hom: “Ek sal jou aanhoor wanneer jou aanklaers ook aangekom het.” Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.