Handelinge 21:2-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. waar ons ’n skip gekry het wat na Foinike sou seil en daarop geklim en weggevaar.

3. Toe het ons Kupros aan die linkerkant verbygegaan, na Sirië gevaar en by Tzor geland, want daar sou die skip sy vrag aflaai.

4. Toe ons studentevolgelinge daar vind, het ons sewe dae lank daar gebly en hulle het elke dag vir Sha’ul deur die Gees gesê om nie na Yerushalayim te gaan nie,

5. maar aan die einde van die tydperk, het ons op die pad uitgegaan om verder te reis terwyl almal, met vroue en kinders, saam met ons tot buitekant die stad gegaan het, op die strand gekniel en gebid het.

6. Ons het mekaar gesoen, aan boord die skip gegaan en hulle het teruggegaan huis toe.

7. Ons het vanaf Tzor gevaar en by `Akko (Ptolemais) gekom en ons het groete aan die broers oorgedra en een dag by hulle gebly.Hand 6:5

8. Die volgende dag het ons vertrek en in Kaisareia aangekom. Ons het ingegaan in die huis van Filippos, die verkondiger van die goeie boodskap, wat een van die sewe was en by hom gebly.

9. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat geprofeteer het.

10. Nadat ons reeds ’n geruime tyd daar oorgebly het, het ’n profeet met die naam van Agav vanaf Y’hudah gekom

11. en hy het by ons gekom en Sha’ul se leer gordel gevat en sy eie hande en voete vasgebind en gesê: “Dít sê die Gees van Afsondering: so sal die Y’hudahiete die man wie se leer gordel hierdie is, in Yerushalayim vasbind en in die hande van die ander nasies oorgee.”

12. Toe ons dit hoor, het ons saam met die mense van die plek by hom aangedring om nie op te gaan na Yerushalayim nie,

13. maar Sha’ul het geantwoord: “Wat doen julle deur te huil en my gedagtes, wil en emosie te verkrummel? Ek is bereid om nie alleen gebind te word nie, maar ook om in Yerushalayim dood te gaan ter wille van die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua!”

14. Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons stil en het gesê: “Laat dit wees volgens die wil van ons Meester!”

Handelinge 21