Handelinge 17:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hulle het deur Amfipolis en Apollonia gereis en in Thessalonike gekom, waar ’n bymekaarkomplek van die Jode was.

2. Volgens sy gewoonte het Sha’ul ingegaan en vir drie Shabbatte lank met hulle uit die Skrifte gepraat

3. en dit uitgelê en gewys dat Die Gesalfde Een moes ly en uit die dood uit opstaan en gesê: “Hierdie Yeshua wat ek aan julle verkondig, Hy is Die Gesalfde Een.”

4. Sommige van hulle is oortuig en het by Sha’ul en Sila aangesluit, asook ’n groot getal van die gelowige Grieke en nie min van die belangrike vrouens nie.

Handelinge 17