17. terwyl Hy Homself nie sonder getuienis gelaat het nie, deur baie te doen: van die hemel af vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons verstand, wil en emosie te vul met vreugde en vrolikheid.”
18. Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die mense verhinder om aan hulle te offer,
19. maar daar het Jode vanaf Antiogeia en Ikonion gekom en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Sha’ul gestenig en hom buite die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood is.
20. Toe die studentevolgelinge egter rondom hom kom staan, het hy opgestaan en in die stad ingegaan en die volgende dag saam met Bar-Nabba na Derbe vertrek.
21. Terwyl Sha’ul-hulle die goeie nuus verkondig het aan die mense in daardie stad, het hulle baie studentevolgelinge geleer en hulle het teruggegaan na Lustra, Ikonion en Antiogeia,
22. die gees van die studentevolgelinge daar versterk en hulle opgeroep om te volhard in vertroue deur te sê: “Dit is nodig om deur baie vervolging in die Koninkryk van God in te gaan.”
23. Hulle het in elke gemeente vir hulle oudstes gekies terwyl hulle saam met hulle gebid en gevas het en hulle opgedra het aan ons Meester in Wie hulle vertrou het.
24. Toe gaan hulle deur die land Pisidia en kom in Pamfulia
25. en nadat hulle die boodskap van יהוה in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attaleia
26. en daarvandaan het hulle gevaar na Antiogeia, waar hulle aan die onverdiende guns van יהוה opgedra is vir die werk wat hulle voltooi het.
27. Toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God deur hulle gedoen het en dat Hy ’n deur van vertroue vir die ander nasies oopgemaak het.
28. Hulle het ’n lang tyd daar by die studentevolgelinge gebly.