Handelinge 11:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. en die hand van יהוה was met hulle en ’n groot getal het vertrou en het omgedraai na יהוה toe.

22. Toe die boodskap hiervan die gemeente, wat in Yerushalayim was, se ore bereik, het hulle Bar-Nabba afgestuur na Antiogeia.

23. Toe hy daar kom en die onverdiende guns van God sien, was hy verheug en het almal aangemoedig om met hulle hele verstand, wil en emosie aan ons Meester vas te hou,

24. want hy was ’n goeie man en vol van die Gees van Afsondering en vertroue en baie mense is by ons Meester bygevoeg.

25. Hy het na Tarsus vertrek om Sha’ul te soek

Handelinge 11