Genesis 7:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. en die reën het veertig dae en veertig nagte lank oor die aarde geval.

13. Op daardie selfde dag het Noag, Shem, Gam en Yefet, die seuns van Noag, sowel as Noag se vrou en die drie vroue van sy seuns, saam met hulle in die ark ingegaan.

14. Hulle, al die lewende diere volgens hulle spesies, al die vee volgens hulle spesies, al die reptiele volgens hulle spesies en al die voëls volgens hulle spesies, alle voëls van elke soort,

15. van alle vlees wat ’n asem van lewe in het, het twee-twee by Noag in die ark ingegaan.

16. Dié wat ingaan, het ingegaan as mannetjie en wyfie van elke lewende ding, soos God hom beveel het en יהוה het agter hom toegesluit.

17. Die vloed was veertig dae lank oor die aarde: die water het vermeerder en die ark opgelig, hoog bokant die aarde

18. en die water het die oorhand gekry en baie vermeerder oor die aarde terwyl die ark op die waters ronddrywe.

19. Die water het heeltemal die oorhand gekry oor die aarde sodat al die hoë berge onder die ganse hemel toegemaak was.

20. Vyftien el bo die berge het die waters geheers en die berge toegedek.

21. Alle vlees wat op die aarde beweeg: die voëls, die vee, alle lewende en kruipende diere wat op die aarde wemel en al die mense is dood.

Genesis 7