5. Nou, jou twee seuns, Efrayim en M’nasheh, wat vir jou in Mitzrayim gebore is voordat ek in Mitzrayim na jou toe gekom het, is myne; soos Re’uven en Shim’on sal hulle myne wees,
6. maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joune wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.
7. Wat my betref, toe ek van Paddan-Aram af gekom het, het Ragel langs my gesterf in die land Kena’an, op reis, toe daar nog ’n kort ent pad oor was om by Efrat te kom en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Beit-Legem.”
8. Yisra’el sien die seuns van Yosef en sê: “Wie is hierdie?”