Genesis 46:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle het hul vee en besittings wat hulle in die land Kena’an bymekaargemaak het gevat en in Mitzrayim gekom, Ya’akov en al sy saad saam met hom.

7. Sy seuns en sy kleinseuns; sy dogters en sy kleindogters en al sy saad het hy saam met hom na Mitzrayim gebring.

8. Dit is die name van die seuns van Yisra’el wat na Mitzrayim gegaan het; Ya’akov en sy seuns. Die eersgeborene van Ya’akov was Re’uven.

9. Die seuns van Re’uven: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi.

10. Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou.

11. Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

12. Die seuns van Y’hudah: `Er, Onan, Shelah, Peretz en Zerag, maar `Er en Onan het gesterf in die land Kena’an. Die seuns van Peretz was Hetzron en Hamul.

13. Die seuns van Yissakhar: Tola, Pu’ah, Yashuv en Shimron.

Genesis 46