Genesis 46:4-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek sal saam met jou afgaan na Mitzrayim en Ek sal opstaan en jou weer laat terugkom en Yosef sal sy hande op jou oë sit wanneer jy sterf.”

5. Ya’akov het opgestaan vanaf Be’er-Sh’va en die seuns van Yisra’el het hulle vader Ya’akov met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6. Hulle het hul vee en besittings wat hulle in die land Kena’an bymekaargemaak het gevat en in Mitzrayim gekom, Ya’akov en al sy saad saam met hom.

7. Sy seuns en sy kleinseuns; sy dogters en sy kleindogters en al sy saad het hy saam met hom na Mitzrayim gebring.

8. Dit is die name van die seuns van Yisra’el wat na Mitzrayim gegaan het; Ya’akov en sy seuns. Die eersgeborene van Ya’akov was Re’uven.

9. Die seuns van Re’uven: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi.

10. Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou.

11. Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

12. Die seuns van Y’hudah: `Er, Onan, Shelah, Peretz en Zerag, maar `Er en Onan het gesterf in die land Kena’an. Die seuns van Peretz was Hetzron en Hamul.

13. Die seuns van Yissakhar: Tola, Pu’ah, Yashuv en Shimron.

14. Die seuns van Z’vulun: Sered, Elon en Yagle’el.

15. Hierdie was die seuns van Le’ah waaraan sy geboorte gegee het vir Ya’akov in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dinah; al die lewens van sy seuns en sy dogters was drie en dertig.

16. Die seuns van Gad: Tzifyon, Haggi, Shuni, Etzbon, `Eri, Arodi en Ar’eli.

17. Die seuns van Asher: Yimnah, Yishvah, Yishvi, B’ri’ah en hulle suster Serag. Die seuns van B’ri’ah: Hever en Malki’el.

18. Hierdie was die seuns van Zilpah wat Lavan vir sy dogter Le’ah gegee het. Sy het geboorte gegee aan hierdie sestien lewens vir Ya’akov.

19. Die seuns van Ragel, die vrou van Ya’akov: Yosef en Binyamin.

20. Vir Yosef is M’nasheh en Efrayim in Mitzrayim gebore, wat gebore is uit Asnat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On.

21. Die seuns van Binyamin: Bela, Bekher, Ashbel, Gera, Na’aman, Egi, Rosh, Mupim, Hupim en Ard.

Genesis 46