Genesis 46:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. God het met Yisra’el gepraat deur visioene in die nag en uitgeroep: “Ya’akov, Ya’akov!” Hy antwoord: “Hier is ek!”

3. Hy sê: “Ek is die Magtige God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Mitzrayim af te gaan nie, want Ek sal van jou ’n groot nasie daar maak.

4. Ek sal saam met jou afgaan na Mitzrayim en Ek sal opstaan en jou weer laat terugkom en Yosef sal sy hande op jou oë sit wanneer jy sterf.”

5. Ya’akov het opgestaan vanaf Be’er-Sh’va en die seuns van Yisra’el het hulle vader Ya’akov met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6. Hulle het hul vee en besittings wat hulle in die land Kena’an bymekaargemaak het gevat en in Mitzrayim gekom, Ya’akov en al sy saad saam met hom.

7. Sy seuns en sy kleinseuns; sy dogters en sy kleindogters en al sy saad het hy saam met hom na Mitzrayim gebring.

8. Dit is die name van die seuns van Yisra’el wat na Mitzrayim gegaan het; Ya’akov en sy seuns. Die eersgeborene van Ya’akov was Re’uven.

9. Die seuns van Re’uven: Hanokh, Pallu, Hetzron en Karmi.

10. Die seuns van Shim’on: Y’mu’el, Yamin, Ohad, Yakhin, Tzogar en Sha’ul, die seun van die Kena’anitiese vrou.

11. Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

Genesis 46