16. Die seuns van Gad: Tzifyon, Haggi, Shuni, Etzbon, `Eri, Arodi en Ar’eli.
17. Die seuns van Asher: Yimnah, Yishvah, Yishvi, B’ri’ah en hulle suster Serag. Die seuns van B’ri’ah: Hever en Malki’el.
18. Hierdie was die seuns van Zilpah wat Lavan vir sy dogter Le’ah gegee het. Sy het geboorte gegee aan hierdie sestien lewens vir Ya’akov.
19. Die seuns van Ragel, die vrou van Ya’akov: Yosef en Binyamin.
20. Vir Yosef is M’nasheh en Efrayim in Mitzrayim gebore, wat gebore is uit Asnat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On.
21. Die seuns van Binyamin: Bela, Bekher, Ashbel, Gera, Na’aman, Egi, Rosh, Mupim, Hupim en Ard.
22. Hierdie was die seuns van Ragel wat vir Ya’akov gebore is, almal saam veertien siele.
23. Die seun van Dan: Hushim.
24. Die seuns van Naftali: Yagtze’el, Guni, Yetzer en Shillem.
25. Hierdie was die seuns van Bilhah wat Lavan aan sy dogter Ragel gegee het. Sy het geboorte gegee aan hulle vir Ya’akov, almal saam sewe lewens.
26. Al die lewens wat saam met Ya’akov na Mitzrayim gegaan het en uit sy lendene voortgekom het, behalwe vir die vroue van die seuns van Ya’akov, was almal saam ses en sestig lewens.
27. Die seuns van Yosef wat vir hom in Mitzrayim gebore is, was twee. Al die lewens van die huis van Ya’akov wat in Mitzrayim ingekom het, was sewentig.Hand 7:14
28. Hy het Y’hudah voor hom uitgestuur na Yosef sodat dié voor hom uit die pad moes wys na Goshen en hulle het in die land Goshen aangekom.
29. Yosef het sy strydwa voorberei en opgegaan na Goshen om sy vader Yisra’el te ontmoet. Hy het homself voor hom gestel, hom om sy nek geval en lank op sy nek gehuil.
30. Yisra’el sê vir Yosef: “Laat my nou sterf aangesien ek jou gesig gesien het en dat jy nog leef!”