1. Yisra’el het vertrek met alles wat aan hom behoort het, by Be’er-Sh’va gekom en offers gebring aan die God van sy vader Yitz’gak.
2. God het met Yisra’el gepraat deur visioene in die nag en uitgeroep: “Ya’akov, Ya’akov!” Hy antwoord: “Hier is ek!”
3. Hy sê: “Ek is die Magtige God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Mitzrayim af te gaan nie, want Ek sal van jou ’n groot nasie daar maak.
4. Ek sal saam met jou afgaan na Mitzrayim en Ek sal opstaan en jou weer laat terugkom en Yosef sal sy hande op jou oë sit wanneer jy sterf.”
5. Ya’akov het opgestaan vanaf Be’er-Sh’va en die seuns van Yisra’el het hulle vader Ya’akov met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.