17. Farao het vir Yosef gesê: “Sê aan jou broers: ‘Doen dit, laai julle diere en gaan weg na die land Kena’an
18. en gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die goeie van Mitzrayim gee en julle sal die vet van die land eet.’
19. Jy is nou beveel; doen dit: vat vir julle uit Mitzrayim waens vir julle kinders en julle vroue en bring julle vader en kom.
20. Julle hoef geen spyt te hê oor julle besittings nie, want die beste van die hele Mitzrayim is julle s’n.”
21. Die seuns van Yisra’el het toe so gedoen en Yosef het vir hulle waens gegee volgens die bevel van Farao en vir hulle voorsiening gegee vir die reis.
22. Hy het aan hulle almal, man vir man, ’n stel nuwe klere gegee, maar vir Binyamin het hy drie honderd stukke silwer en vyf stelle klere gegee.
23. Hy het ook aan sy vader gestuur: tien donkies, gelaai met die goeie dinge van Mitzrayim en tien donkiemerries, gelaai met graan, brood en kos vir sy vader se reis.
24. So het hy sy broers weggestuur, hulle het vertrek en hy het vir hulle gesê: “Moenie bang word op die pad nie.”
25. Hulle het opgegaan uit Mitzrayim uit en in die land Kena’an aangekom by hulle vader Ya’akov.
26. Hulle het hom vertel: “Yosef lewe nog en hy heers oor die hele Mitzrayim.” Sy binneste het lam geword, want hy het hulle nie geglo nie,
27. maar toe hulle hom al die woorde van Yosef vertel wat hy met hulle gepraat het en hy die waens sien wat Yosef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Ya’akov, hulle vader, lewendig geword.