Genesis 39:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yosef is afgebring na Mitzrayim en Potifar, ’n offisier van Farao, die bevelvoerder van die lyfwag, ’n man van Mitzrayim, het hom gekoop uit die hand van die Arabiere wat hom daarheen afgevat het.

2. יהוה was by Yosef sodat hy ’n voorspoedige man was en hy het in die huis van sy meester, die Mitzrayiet, gebly.

3. Toe sy meester sien dat יהוה met hom was en dat יהוה alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,Hand 7:9

4. het Yosef guns in sy oë gevind en hom gedien. Hy het hom aangestel oor sy hele huis en alles wat in sy besit was, aan sy hand toevertrou.

5. Vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het dit gebeur dat יהוה die huis van die Mitzrayiet geseën het ter wille van Yosef; die seën van יהוה was op alles wat syne was, in die huis en op die veld.

Genesis 39