22. Toe gaan hy terug na Y’hudah en sê: “Ek het haar nie gekry nie en die mense van die plek het ook gesê: ‘Hier was geen prostituut nie’.”
23. Toe sê Y’hudah: “Laat sy dit vir haarself hou dat ons nie ’n bespotting word nie, want ek het die boklam gestuur, maar jy het haar nie gekry nie.”
24. Dit het so gebeur dat ná omtrent drie maande, hulle Y’hudah laat weet en gesê het: “Tamar, jou skoondogter, het gehoereer en sy is ook swanger deur haar hoerery!” Y’hudah sê: “Bring haar uit en laat sy verbrand word.”