Genesis 36:19-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hierdie is die seuns van `Esav en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

20. Hierdie is die seuns van Se’ir, die Horiet, wat gebly het in die land: Lotan, Shoval, Tziv’on, `Anah,

21. Dishon, Etzer en Dishan. Hierdie is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Se’ir in die land Edom.

22. Die seuns van Lotan was Hori en Hemam en die suster van Lotan was Timnah.

23. Hierdie is die seuns van Shoval: `Alvan, Managat, `Eival, Sh’fo en Onam.

24. Hierdie is die seuns van Tziv’on: Ayah en `Anah. Dit is dié `Anah wat die warm fonteine in die wildernis gekry het toe hy sy vader Tziv’on se donkies opgepas het.

Genesis 36