Genesis 35:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. God het vir hom gesê: “Jou naam is Ya’akov; jy sal verder nie Ya’akov genoem word nie, maar Yisra’el sal jou naam wees” en Hy het hom Yisra’el genoem.

11. God het ook vir hom gesê: “Ek is El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is). Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n versameling van nasies, sal van jou uitgaan en konings sal uit jou lendene uitkom.

12. Die land wat Ek vir Avraham en Yitz’gak gegee het, gee Ek vir jou en aan jou nageslag ná jou gee Ek die land.”

13. Toe het God van hom af opgegaan op die plek waar Hy met hom gepraat het.

14. Ya’akov het ’n pilaar opgerig op die plek waar Hy met hom gepraat het, ’n pilaar van klip en daarop ’n drankoffer en olie uitgegooi.

15. Ya’akov het die plek waar God met hom gepraat het, Beit-El genoem.

16. Hulle het van Beit-El af weggegaan en toe daar nog ’n ent pad oor was om by Efrat te kom, het Ragel geboorte gegee en sy het ’n moeilike geboorte gehad.

17. Dit het so gebeur dat terwyl sy dit moeilik gehad het by die geboorte, die vroedvrou vir haar sê: “Moenie vrees nie, want u sal ook hierdie seun hê.”

18. Toe haar gees en lewe uitgaan, want sy het gesterf, noem sy hom Ben-Oni, maar sy vader het hom Binyamin genoem.

19. So is Ragel dood en is begrawe op die pad na Efrat, wat Beit-Legem is.

20. Ya’akov het ’n pilaar op haar graf opgesit; dit is die pilaar van die graf van Ragel tot vandag toe.

Genesis 35