Genesis 24:50-54 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

50. Toe antwoord Lavan en B’tu’el en sê: “Hierdie saak kom vanuit יהוה. Ons kan niks kwaad of goed daarvan sê nie.

51. Let op, Rivkah staan voor jou, vat haar en gaan sodat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou meester, soos יהוה gesê het.”

52. Toe die dienskneg van Avraham hulle woorde hoor, het hy self voor יהוה gaan plat lê.

53. Daarna het die dienskneg artikels van silwer en van goud en klere uitgehaal en dit vir Rivkah gegee, asook kosbare geskenke aan haar broer en haar moeder.

54. Hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was en die nag oorgebly. Hy het die oggend vroeg opgestaan en gesê: “Stuur my weg na my meester!”

Genesis 24