Genesis 23:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sarah het honderd sewe en twintig jaar geleef. Dit was die lewensjare van Sarah.

2. Sarah is dood in Kiryat-Arba (dorp van die reuse), dit is Hevron, in die land Kena’an en Avraham het gekom om oor Sarah te rou en oor haar te huil.

3. Avraham het opgestaan van voor die lyksdraagbaar van sy dooie en met die seuns van Het gepraat en gesê:

Genesis 23