5. en Avraham was honderd jaar oud toe sy seun Yitz’gak vir hom gebore is.
6. Sarah het gesê: “’n Vreugde het God vir my gemaak; elkeen wat dit hoor, sal saam met my verheug wees.”
7. Sy het ook gesê: “Wie kon vir Avraham gesê het dat Sarah kinders sal borsvoed, want ek het vir hom in sy oudag geboorte gegee aan ’n seun.”
8. Die seun het opgegroei en is gespeen en Avraham het ’n groot feesmaal voorberei op die dag toe Yitz’gak gespeen is.
9. Sarah het gesien hoe die seun van Hagar, die slavin van Mitzrayim, aan wie sy vir Avraham geboorte gegee het, spot
10. en sy sê vir Avraham: “Dryf hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Yitz’gak erf nie.”
11. Die ding was baie verkeerd in die oë van Avraham ter wille van sy seun,
12. maar God het aan Avraham gesê: “Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie, luister na Sarah in alles wat sy van jou verwag, want in Yitz’gak sal jou Saad genoem word enRom 9:7
13. Ek sal ook die seun van die slavin tot ’n groot nasie maak omdat hy jou kind is.”
14. Avraham het die oggend vroeg opgestaan en hy het brood en ’n velsak met water gevat en dit vir Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, asook die seun en haar weggestuur. Sy het weggegaan en rondgedwaal in die wildernis van Be’er-Sh’va.
15. Toe die water in die velsak op was, het sy die seun onder een van die bosse ingegooi