22. In dié tyd het Avimelekh en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër, met Avraham gepraat en gesê: “God is met jou in alles wat jy doen.
23. Sweer daarom nou vir my hier by God dat jy met my, my kinders en met my nageslag nie vals sal optree nie. Dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as gas bly.”
24. Avraham antwoord: “Ek sal sweer.”
25. Avraham het Avimelekh egter aangespreek oor ’n put wat die diensknegte van Avimelekh met geweld gevat het.
26. Avimelekh antwoord: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie, jy het dit ook nie vir my gesê nie en ek het ook niks daarvan gehoor nie, behalwe vandag.”
27. Toe vat Avraham kleinvee en beeste en gee dit vir Avimelekh en hulle twee het ’n verbond gesluit.
28. Avraham het sewe ooilammers uit die kleinvee eenkant afgesonder.
29. Avimelekh sê vir Avraham: “Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy afgesonder het?”
30. Hy antwoord: “Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanvaar sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.”
31. Hulle noem daarom dié plek Be’er-Sh’va omdat hulle twee daar ’n eed gesweer het.
32. So het hulle dan ’n verbond gesluit in Be’er-Sh’va. Daarna het Avimelekh en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër, opgestaan en na die land van die F’lishtyne teruggegaan.