6. Avram het in יהוה vertrouYa’a 2:23; Rom 4:3,9,18,22; Gal 3:6 en Hy het hom dít tot onpartydige opregtheid gereken.
7. Hy het ook vir hom gesê: “Ek is יהוה wat jou uitgebring het uit Ur van die Kasdeërs om vir jou hierdie land te gee om te besit.”
8. Hy sê: “O, יהוה-God, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?”
9. Hy antwoord hom: “Vat vir My ’n driejaaroud vers, ’n driejaaroud bokooi, ’n driejaaroud ram, ’n tortelduif en ’n jong duif.”
10. Hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gesny en die helftes teenoor mekaar gelê, maar die voëls het hy nie in twee gesny nie.
11. Toe die roofvoëls op die karkasse afkom, het Avram hulle weggejaag
12. en toe die son besig was om onder te gaan, val daar ’n diepe slaap oor Avram en let op, verskrikking en groot duisternis het oor hom gekom.
13. יהוה sê vir Avram: “Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie. Hulle sal slawe wees en onderdruk word vir vier honderd jaar lank,
14. maar Ek sal ook die nasie onder wie hulle slawe moet wees oordeel en daarna sal hulle uitgaan met baie besittings.Hand 7:7
15. Wat jou betref: jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in ’n goeie ouderdom begrawe word,
16. maar na vier eeue sal hulle hierheen terugkom, want die boosheid van die Emoriete is tot nou toe nie volledig nie.”Deut 9:5
17. Dit het so gebeur dat ná sononder, toe dit heeltemal donker was, let op, ’n rokende oond en brandende fakkel tussen die stukke vleis deur gegaan het.
18. Op daardie dag het יהוה met Avram ’n verbond gesluit en gesê: “Aan jou nageslag het Ek hierdie land gegee,Hand 7:5 van die rivier van Mitzrayim af tot by die groot rivier, die Feratrivier (Eufraat):
19. die Keiniete, K’niziete, Kadmoniete,