21. Ook vir Shem, die ouer broer van Yefet, die stamvader van al die seuns van `Ever, is seuns gebore.
22. Die seuns van Shem was: `Eilam, Ashur, Arpakhshad, Lud en Aram.
23. Die seuns van Aram was: Utz, Hul, Geter en Mash.
24. Arpakhshad was die vader van Shelag en Shelag van `Ever.
25. Vir `Ever is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg,Gen 11:6-9 want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak en die naam van sy broer was Yoktan.
26. Yoktan was die vader van Almódad, Shelef, Hatzar-Mavet, Yerag,
27. Hadoram, Uzal, Diklah,
28. `Oval, Avima’el, Sh’va,
29. Ofir, Havilah en Yovav. Hulle almal was seuns van Yoktan.
30. Hulle blyplek was van Mesha af in die rigting van S’far, die berg van die ooste.
31. Dit is die seuns van Shem volgens hulle geslagte, volgens hulle tale, in hulle lande en volgens hulle nasies.
32. Dit is die families van die seuns van Noag volgens hulle geslagte, volgens hulle nasies en vanuit hulle het die nasies ná die vloed op die aarde versprei.