`Ezra 9:14-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. en tog was ons pervers en het U opdragte verbreek en ons met hierdie vuil volke verbind en volgens hulle werke gedoen, maar U is goedgunstig. Wees nie kwaad vir ons nie, maar vergewe ons sondes voor U oë, want U gee liefdevol om. Laat vir ons oorblywendes in die wêreld, want daar is niemand soos U nie sodat ons nie sal sterf nie.

15. O, יהוה, God van Yisra’el, U is regverdig, want U het ’n oorblyfsel van ons gespaar, soos dit vandag is. Let op, ons staan en erken ons sondes voor U, want ons het geen woorde om voor U te praat as gevolg hiervan nie.”

`Ezra 9