`Ezra 8:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Omdat die goeie guns van ons God oor ons was, het hulle vir ons ’n man van insig gebring vanuit die nageslag van Magli, die seun van Levi, die seun van Yisra’el, Sherevyah met sy seuns en sy broers, twaalf

19. en Hashavyah en saam met hom Yesha’yah, van die seuns van M’rari, sy broers en hulle seuns, twintig

20. en ook van die manne wat Dawid aangestel het vir die diens van die Leviete (wat afgesonderd was), twee honderd en twintig en almal is by hulle name uitgeken.

21. Toe het ek hulle geroep en ’n vastyd uitgeroep by die rivier Ahawa, om ons te verneder voor ons God, om ’n regte pad vir ons te vind en vir ons families en al ons goed,

22. want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad omdat ons met die koning gepraat en gesê het: “Die hand van ons God is met almal wat Hom ten goede soek, maar Sy krag en Sy woede is oor almal wat Hom verlaat.”

23. Ons het gevas en dit van ons God gevra en Hy het na ons geluister.

`Ezra 8