`Ezra 2:31-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. die seuns van die ander `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig;

32. die seuns van Harim, drie honderd en twintig;

33. die seuns van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd vyf en twintig;

34. die seuns van Yerigo, drie honderd vyf en veertig;

35. die seuns van S’na’ah, drie duisend ses honderd en dertig.

36. Die priesters: die seuns van Y’da’yah, van die huis van Yeshua, nege honderd drie en sewentig;

37. die seuns van Immer, een duisend twee en vyftig;

38. die seuns van Pash’gur, een duisend twee honderd sewe en veertig;

39. die seuns van Harim, een duisend en sewentien.

40. Die Leviete: die seuns van Yeshua en Kadmi’el, van die seuns van Hodavyah, vier en sewentig.

41. Die sangers: die seuns van Asaf, een honderd agt en twintig.

42. Die seuns van die poortwagters: die seuns van Shallum, die seuns van Ater, die seuns van Talmon, die seuns van `Akkuv, die seuns van Hatita, die seuns van Shovai, almal saam een honderd nege en dertig.

43. Die tempelbediendes: die seuns van Tziga, die seuns van Hasufa, die seuns van Tabba’ot;

`Ezra 2