1. Terwyl `Ezra bid, erken en huilend neerval op sy gesig voor die huis van God, kom daar uit Yisra’el ’n baie groot vergadering van manne, vroue en kinders by hom bymekaar, want die volk het aanhoudend gehuil.
2. Sh’khanyah, die seun van Yegi’el, van die seuns van `Eilam, begin praat en sê vir `Ezra: “Ons het teen ons God oortree en het vreemde vroue uit die volke van die land gevat. Is daar nou enige hoop vir Yisra’el in hierdie saak?
3. Laat ons daarom nou ’n verbond met ons God sluit om al die vreemde vroue en hulle wat uit hul gebore is, weg te stuur volgens die raad van יהוה en van hulle wat bewe by die wet van ons God en Sy opdragte; doen dit nou en wees sterk,
4. want hierdie wet is vir julle uitgevaardig en ons staan by julle; wees onveranderlik sterk en doen dit!”
5. Toe het `Ezra, die skrifgeleerde, opgestaan en die oudstes van die priesters, die Leviete en die hele Yisra’el laat sweer dat hulle sal doen volgens hierdie opdrag en hulle het gesweer.