Eksodus 8:27-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Ons sal drie dagreise ver die wildernis ingaan sodat ons aan יהוה, ons God, kan offer soos Hy ons beveel.”

28. Farao het gesê: “Ek sal julle laat gaan sodat julle aan יהוה, julle God, kan offer in die wildernis; julle moet net nie te ver weggaan nie. Tree in vir my.”

29. Moshe antwoord: “Let op, ek gaan van u af weg en sal intree by יהוה sodat die swerms vlieë Farao, sy diensknegte en sy volk môre mag verlaat. Laat Farao net nie langer bedrieglik optree deur die volk nie te laat gaan om aan יהוה te offer nie.”

30. Moshe het van Farao af weggegaan en by יהוה ingetree.

31. יהוה het gedoen volgens die woord van Moshe: Hy het die swerms vlieë van Farao, van sy diensknegte en sy volk weggevat. Daar het nie een oorgebly nie.

32. Farao het sy wil, emosie en verstand ook hierdie keer verhard en die volk nie laat gaan nie.

Eksodus 8