Eksodus 30:28-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. die brandofferaltaar met al sy bybehore en die kom met sy voetstuk.

29. Jy moet hulle afsonder sodat hulle heeltemal afgesonderd kan wees. Wat ook al aan hulle raak, is afgesonder.Spr 30:5-6

30. Jy moet Aharon en sy seuns ook salf en hulle afsonder om My as priesters te dien.

31. Jy moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘Hierdie moet vir My ’n afgesonderde salfolie wees reg deur julle geslagte.

32. Dit mag nie op ’n mens se vlees uitgegooi word nie; julle mag ook nie volgens dieselfde voorskrif nog maak nie. Dit is afgesonder en dit moet vir julle afgesonder wees.

33. Wie ook al so iets meng of enige daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote afgesny word.’”

34. יהוה het ook vir Moshe gesê: “Vat speserye: storaksgom, naeltjies en galbanum en ook suiwer wierook saam met die speserye; alles in gelyke hoeveelhede

35. en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer en afgesonder.

36. Vryf ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die Tent van Ontmoeting, waar Ek met jou sal ontmoet. Dit sal heeltemal afgesonderd wees vir julle.

37. Julle mag nie vir julleself van die reukwerk wat jy maak, na dieselfde voorskrif, maak nie. Dit moet vir julle afgesonder wees tot יהוה.

38. Wie ook al enige van dieselfde maak om as parfuum te gebruik, moet uit sy volksgenote afgesny word.”

Eksodus 30