23. “Vat vir jouself van die beste speserye: vyf honderd sikkels vloeibare mirre en die helfte soveel, twee honderd en vyftig sikkels, soet geurige kaneel en twee honderd en vyftig sikkels soet geurige kalmoes
24. en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek en ’n hin olyfolie
25. en maak daarvan afgesonderde salfolie, ’n salfmengsel soos ’n salfmenger dit maak; dit sal ’n afgesonderde salfolie wees.
26. Daarmee moet jy die Tent van Ontmoeting salf, die Ark van die Getuienis,
27. die tafel met al sy bybehore, die kandelaar met sy bybehore, die reukaltaar,
28. die brandofferaltaar met al sy bybehore en die kom met sy voetstuk.
29. Jy moet hulle afsonder sodat hulle heeltemal afgesonderd kan wees. Wat ook al aan hulle raak, is afgesonder.Spr 30:5-6
30. Jy moet Aharon en sy seuns ook salf en hulle afsonder om My as priesters te dien.
31. Jy moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘Hierdie moet vir My ’n afgesonderde salfolie wees reg deur julle geslagte.
32. Dit mag nie op ’n mens se vlees uitgegooi word nie; julle mag ook nie volgens dieselfde voorskrif nog maak nie. Dit is afgesonder en dit moet vir julle afgesonder wees.
33. Wie ook al so iets meng of enige daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote afgesny word.’”