1. Lev 8Dit is wat jy met hulle moet doen om hulle af te sonder sodat hulle My kan dien as priesters: vat een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,
2. ongesuurde brood, ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie gesmeer. Jy moet dit van fyn koringmeel maak.
3. Sit dit in een mandjie en bring dit in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.
4. Aharon en sy seuns moet jy na die ingang van die Tent van Ontmoeting bring en hulle met water was.
5. Vat die klere en trek Aharon aan met die kleed, die bokleed van die skouerstuk, die skouerstuk en die borsplaat en bind om hom die geweefde band van die skouerstuk,
6. sit die tulband op sy kop en maak die afgesonderde kroon aan die tulband vas.
7. Vat die salfolie, gooi dit op sy kop en salf hom.
8. Jy moet ook sy seuns bring en vir hulle die klede aantrek
9. en Aharon en sy seuns omgord met die gordels en vir hulle tulbande ombind. Die priesteramp sal hulle s’n wees as ’n ewige instelling. So moet jy die hande van Aharon en sy seuns bevestig.
10. Jy moet die bul bring tot voor die Tent van Ontmoeting en Aharon en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
11. Jy moet die bul voor יהוה slag by die ingang van die Tent van Ontmoeting.
12. Jy moet van die bloed van die bul vat en dit met jou vinger aan die horings van die altaar smeer en al die bloed aan die onderkant van die altaar uitgooi.
13. Jy moet al die vet vat wat oor die binnegoed is, die vetlob aan die lewer, die twee niere en die vet wat daaraan is en dit op die altaar brand en in rook laat opgaan,
14. maar jy moet die vleis van die bul, sy vel en sy mis buitekant die kamp met vuur verbrand. Dit is ’n sondoffer.
15. Jy moet een ram vat en Aharon en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;