Eksodus 27:3-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Jy moet ook sy potte maak om die as te verwyder, asook sy grawe, skottels, vleishake en vuurpanne. Al dié toebehore moet jy van koper maak.

4. Jy moet ’n loopplank daarvoor maak; ’n netwerk van koper. Aan die loopplank moet jy vier koper ringe maak, aan die vier hoeke.

5. Jy moet dit onder die rand van die altaar vasmaak, onderaan sodat die loopplank tot by die helfte van die altaar kom.

6. Jy moet ook pale vir die altaar maak, pale van akasiahout en oorgetrek met koper.

Eksodus 27