Eksodus 27:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; die lengte moet vyf el wees en die breedte vyf el; die altaar moet vierkantig wees en sy hoogte drie el.

2. Jy moet sy horings op sy vier hoeke maak; sy horings moet saam met dit, uit een stuk wees en jy moet dit met koper oortrek.

3. Jy moet ook sy potte maak om die as te verwyder, asook sy grawe, skottels, vleishake en vuurpanne. Al dié toebehore moet jy van koper maak.

4. Jy moet ’n loopplank daarvoor maak; ’n netwerk van koper. Aan die loopplank moet jy vier koper ringe maak, aan die vier hoeke.

5. Jy moet dit onder die rand van die altaar vasmaak, onderaan sodat die loopplank tot by die helfte van die altaar kom.

6. Jy moet ook pale vir die altaar maak, pale van akasiahout en oorgetrek met koper.

7. Die pale moet in die ringe gesteek word sodat die pale aan altwee kante van die altaar is om dit te dra.

Eksodus 27