Deuteronomium 7:7-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. יהוה het nie Sy liefde op julle gesit of julle gekies omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die minste van al die volke,

8. maar omdat יהוה julle liefhet en die eed gehou het wat Hy tot julle vaders gesweer het, het יהוה julle met ’n sterk hand uitgelei en julle bevry uit die huis van slawerny, uit die hand van Farao, die koning van Mitzrayim.Ps 103:18; Yog 14:15; Yog 15:14

9. Weet daarom dat יהוה, jou God, God is, die getroue Magtige God, wat Sy verbond en Sy onverdiende guns hou tot ’n duisendste geslag met dié wat Hom liefhet en Sy opdragte gehoorsaam,

10. maar aan die wat Hom haat, betaal Hy dit terug in hulle gesig, om hulle te vernietig. Hy sal nie terughou teenoor dié wat Hom haat nie, Hy sal hom in sy gesig terugbetaal.

11. Jy moet daarom die opdragte, die reëls en die wette wat ek jou vandag beveel, doen.

12. Dan sal dit gebeur omdat jy hierdie wette gehoorsaam, hou en doen dat יהוה, jou God, Sy verbond en Sy onverdiende guns met jou sal hou wat Hy aan jou vaders gesweer het

13. en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig; Hy sal ook die vrug van jou baarmoeder en die vrug van jou land seën, jou graan, jou nuwe wyn en jou olie, die aanteel van jou beeste en die vermeerdering van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders gesweer het om vir jou te gee.

14. Jy sal meer geseënd wees as al die volke; daar sal tussen jou geen man of vrou steriel of onvrugbaar wees nie; nie onder jou of onder jou vee nie.

15. יהוה sal elke siekte van jou af wegvat en jou nie aantas met enige van al die skadelike siektes van Mitzrayim wat jy geken het nie, maar sal dit laat kom op almal wat jou haat.

16. Jy moet al die volke wat יהוה, jou God, aan jou oorgee, vernietig. Jou oog mag hulle nie jammer kry nie en jy mag nie hulle gode dien nie, want dit sal vir jou ’n valstrik wees.

17. As jy in jou hart sou dink: ‘Hierdie nasies is groter as ek, hoe kan ek hulle onteien?’

18. Moenie vir hulle bang wees nie, maar jy moet onthou wat יהוה, jou God, aan Farao en die hele Mitzrayim gedoen het,

19. die groot toetsinge wat jou oë gesien het, die tekens en die wonders en die magtige hand en die uitgestrekte arm waardeur יהוה, jou God, jou uitgebring het. So sal יהוה, jou God, aan al die volke doen waarvoor jy bang is.

20. יהוה, jou God, sal verder ook die perdebye teen hulle stuur totdat hulle wat oorgebly het en wat vir jou wegkruip, sterf.

21. Jy moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, jou God, die groot en gevreesde, Magtige God, is by jou.

22. יהוה, jou God, sal hierdie nasies stukkie vir stukkie voor jou uit verjaag; jy sal nie in staat wees om hulle almal vinnig te vernietig nie, want die wilde diere sal te veel word vir jou,

Deuteronomium 7