Deuteronomium 33:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy is koning in Yeshurun, toe die hoofde van die volk bymekaargekom het, die stamme van Yisra’el saam.

6. Mag Re’uven leef en nie sterf nie en sy manne ook nie min wees nie.”

7. Hierdie is die seën vir Y’hudah: “Hoor, O יהוה, die stem van Y’hudah en bring hom naby sy mense; met sy hande het hy vir hulle baklei en mag U vir hom ’n Hulp wees teen sy teëstanders.”

8. Van Levi het hy gesê: “Laat U afsondering en U lig behoort aan die regverdige een, wat U bewys het deur toetsinge en wat U getoets het by die waters van M’rivah;

9. wat van sy vader en sy moeder gesê het: ‘Ek het hulle nie in ag geneem nie’ en sy broers nie erken het en sy seuns nie geag het nie, want hulle het U woord bewaar en U verbond gehou.Yeg 44:23 Hulle sal reukwerk voor U plaas as U kwaad is en heel brandoffers op U altaar.

10. Hulle sal U reëls vir Ya’akov leer en U wet vir Yisra’el.

11. O, יהוה, seën sy wese en aanvaar die werk van sy hande; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en die wat hom haat sodat hulle nie weer kan opstaan nie.”

12. Van Binyamin het hy gesê: “Mag die een waarvoor יהוה lief is, veilig by Hom loop, wat die hele dag ’n skild om hom sit en woon tussen Sy skouers.”

13. Van Yosef het hy gesê: “Laat sy land geseënd wees deur יהוה met die keur van die hemel, met die dou en vanuit die diep wat onder lê,

14. met die keur wat deur die son voortgebring word, met die keur lewering van die maande,

15. met die beste dinge van die antieke berge, met die keur van die ewige heuwels,

16. met die beste dinge van die aarde en sy volheid en die guns van Hom wat in die bos gebly het. Laat dit kom op die kop van Yosef en op die kroon van die een wat uitgestaan het onder sy broers.

17. Soos die eersgeborene van sy stier is majesteit syne en sy horings is die horings van die wilde bul (Aurogs); daarmee sal hy die volke stoot, almal gelyk, na die eindes van die aarde. Hulle is die tien duisende van Efrayim en dit is die duisende van M’nasheh!”

18. Van Z’vulun het hy gesê: “Verheug jou, Z’vulun, as jy uitgaan en Yissakhar, in jou tente.

19. Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van onpartydige opregtheid offer, want hulle sal die oorvloed van die see optrek en die weggesteekte skatte van die sand.”

20. Van Gad het hy gesê: “Geseënd is Hy wat Gad groter maak; hy gaan lê soos ’n leeu en verskeur die arm en die kroon van die kop.

Deuteronomium 33