Deuteronomium 29:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Tog, tot vandag toe, het יהוה julle nie ’n verstand, wil en emosie gegee om te verstaan, of oë om te sien, of ore om te hoor nie.

5. Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei; julle klere het aan julle nie verslyt nie en julle skoene het nie verslyt aan julle voete nie.

6. Julle het nie brood geëet of wyn en sterk drank gedrink nie sodat julle kan weet dat Ek, יהוה, julle God is.

7. Toe julle by hierdie plek aangekom het, het Sigon, die koning van Heshbon en `Og, die koning van Bashan, uitgekom om ons te ontmoet in geveg, maar ons het hulle verslaan

8. en hulle land gevat en dit as erfenis gegee aan die Re’uveniete, Gadiete en aan die halwe stam van die M’nashiete.

Deuteronomium 29