40. Jy sal olyfbome hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie, want jou olywe sal afval.
41. Jy sal seuns en dogters hê, maar hulle sal nie joune wees nie, want hulle sal in gevangeskap gaan.
42. Die sprinkaan sal al jou bome en die lewering van jou land besit.
43. Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër bo jou opstyg en jy sal laer en laer afsak.
44. Hy sal aan jou leen, maar jy sal nie aan hom leen nie; hy sal die kop wees en jy sal die stert wees.
45. So sal al hierdie vloeke oor jou kom, jou agtervolg en jou oorweldig totdat jy vernietig is omdat jy יהוה, jou God, nie wou gehoorsaam deur Sy opdragte en Sy reëls na te kom wat Hy jou beveel het nie.
46. Hulle sal ’n teken en ’n wonder op jou en jou nageslag word vir ewig.Rom 1:21
47. Omdat jy יהוה, jou God, nie met vreugde en oorweldigende blydskap van verstand, wil en emosie gedien het, vir die oorvloed van alles nie,Rom 1:24
48. sal jy daarom jou vyand, wat יהוה teen jou sal stuur, dien in honger, in dors, in naaktheid en in gebrek aan alles en hy sal ’n yster juk op jou nek sit totdat hy jou vernietig het.
49. יהוה sal ’n nasie teen jou bring van ver af, van die einde van die aarde af, soos ’n arend wat afduik, ’n nasie wie se taal jy nie sal verstaan nie,
50. ’n nasie van harde gelaatstrekke, wat geen respek het vir die oues en geen guns wys aan die jonges nie.
51. Meer nog, hulle sal die nakomeling van jou vee en die lewering van jou grond opeet totdat jy vernietig is; wat vir jou geen graan, geen nuwe wyn, geen olie, of die vermeerdering van jou beeste of kleintjies van jou kleinvee sal los totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
52. Dit sal jou beleër in al jou dorpe totdat jou hoë en versterkte mure, waarop jy in jou hele land vertrou het, val en dit sal jou beleër in al jou dorpe in jou hele land wat יהוה, jou God jou gegee het.