13. As ’n man ’n vrou vat en by haar ingaan en dan teen haar draai
14. en haar beskuldig van skandelike dade en haar openlik slegmaak en sê: ‘Ek het hierdie vrou gevat en toe ek naby haar kom, het ek haar nie ’n maagd gevind nie,’
15. dan moet die vader en die moeder van die dogter die getuienis van die dogter se maagdom vat en dit na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
16. Die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: ‘Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het teen haar gedraai
17. en let op, hy het haar beskuldig van skandelike dade deur te sê: Ek het nie gevind dat jou dogter ’n maagd is nie, maar hierdie is die bewys van my dogter se maagdom’ en hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
18. Die oudstes van die stad moet die man vat en hom dissiplineer
19. en hom ’n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee omdat hy ’n jongmeisie van Yisra’el openlik beswadder het en sy sal sy vrou bly; hy mag haar nie skei solank as hy lewe nie.
20. As die beskuldiging egter waar is dat die dogter nie ’n maagd bevind is nie,
21. dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring en die manne van haar stad moet haar stenig tot die dood omdat sy ’n skandelike daad in Yisra’el begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die bose uit jou midde uitroei.
22. As ’n man betrap word terwyl hy by ’n getroude vrou lê, moet hulle altwee sterf: die man wat by die vrou lê en die vrou. So moet jy dan die bose uit Yisra’el uitroei.
23. As ’n meisie, ’n maagd wat aan ’n man verloof is, deur ’n ander man in die stad gekry word en hy by haar lê,