Deuteronomium 21:5-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Dan moet die priesters, die seuns van Levi, naderkom, want יהוה, jou God, het hulle gekies om Hom te dien en om in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה te seën en volgens hulle uitspraak moet elke verskil en aanval besluit word.

6. Al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die vers waarvan die nek in die vallei gebreek is

7. en hulle moet antwoord en sê: ‘Ons hande het nie hierdie bloed vergiet nie en ons oë het dit nie gesien nie.

8. Vergewe U volk Yisra’el, wat U losgekoop het, O יהוה en moenie die skuld van onskuldige bloed tussen U volk Yisra’el plaas nie.’ Die skuld vir bloedvergieting sal hulle vergewe wees.

9. So sal jy die skuld van onskuldige bloed uit jou midde verwyder, as jy doen wat reg is in die oë van יהוה.

10. Wanneer jy in geveg uittrek teen jou vyande en יהוה, jou God, hulle in jou hand gee en jy hulle as gevangenes wegvoer

11. en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat mooi is en jy haar begeer en haar as vrou vir jou wil vat,

12. dan moet jy haar in jou huis inbring en sy moet haar kop skeer en haar naels knip.

13. Sy moet die klere van haar gevangeskap uittrek, in jou huis bly en treur oor haar vader en haar moeder, vir ’n volle maand lank. Daarna kan jy by haar ingaan en haar man wees en sy sal jou vrou wees.

14. Dit sal wees dat as jy nie tevrede is met haar nie, moet jy haar vrylaat, net waar sy wil, maar jy mag haar sekerlik nie vir geld verkoop nie, jy mag haar nie sleg behandel nie omdat jy haar verneder het.

15. As ’n man twee vroue het, een wat hy lief het en een wat hy nie lief het nie en sowel die een wat hy lief het en die een wat hy nie lief het nie gee vir hom geboorte aan seuns en die eersgebore seun behoort aan die vrou wat hy nie lief het nie,

Deuteronomium 21