Deuteronomium 2:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Staan nou op en trek oor die spruit Zered. Ons het dus oor die spruit Zered getrek.

14. Die tyd wat verbygegaan het vandat ons van Kadesh-Barnea af getrek het totdat ons oor die spruit Zered gegaan het, was agt en dertig jaar totdat die hele geslag van soldate uit die kamp dood is soos יהוה vir hulle gesweer het,

15. want die hand van יהוה was waarlik teen hulle om hulle uit die kamp te vernietig totdat hulle almal vergaan het.

16. So was dit, toe al die soldate volkome onder die volk uit weggesterf het,

Deuteronomium 2